MARKtoe! MEI 2023 Uitgawe 104 | Page 26

LANDBOU

wees en my passie vir boerdery kom van my pa-hulle af .”

Maar het hy nie van kleins af gesien dat boere gereeld swaarkry nie ?

“ Beslis . Dit is hoekom ons deesdae weet ons moet slimmer boer .”

Sydney kon die praktiese aspekte van landbou by sy pa en oupa aanleer , maar moderne teorie het tekortgeskiet .

Dis hier waar KAL Academy hom bygestaan het – en steeds bystaan – om beter voorsiening vir die onvoorsiene te maak . Dus , om slimmer te boer .

“ Ons is ʼn klomp jong manne wat ses jaar terug begin boer het . Ons het die advertensie gesien en kontak met die KAL Academy gemaak .

Daardie tyd het hulle uitgekom om te sien wat ons doen en sê . En hulle wou weet of ons bereid was om onsself verder in landbou te vestig . Hulle kon sien wat ons al gedoen het , aangesien ons reeds in produksie was .”

Intussen huur Sydney alreeds vir 12 jaar die grond by die munisipaliteit . Die instansie het sekere kriteria wat voorskryf dat die aansoeker ʼn plaaslike inwoner moet wees en landbou moet ken . Die munisipaliteit was bewus van Sydney se oupa en pa en die knoop word toe deurgehaak .

“ Toe ek by die KAL Academy aansluit , het ek reeds omtrent sewe tot 10 jaar se ondervinding met betrekking tot groenteverbouing gehad .

2 . Lynedoch , buite Stellenbosch , is tradisioneel wingerdwêreld , maar Sydney glo daar moet boere wees wat sorg daar is elke aand kos op die tafel . En botterskorsies is deel van hierdie benadering . 3 . Lank , slank en mooi gevorm lê die groenboontjies gereed om verwerk en verpak te word .
2 . 3 .
26 MARKtoe ! Mei 2023