SYDNEY CLAASSEN – GROENTEGESONDHEID UIT DIE GROND UIT
LANDBOU
1 .
SYDNEY CLAASSEN – GROENTEGESONDHEID UIT DIE GROND UIT
Sydney Claassen staan stewig in gomlastiekstewels midde-in sy groentelanderye . Hy kom sonder enige twyfel voor as ʼn persoon wat die ou gesegde , ʼn boer maak ʼn plan , goed ken . Dit lyk asof hy lánkal vir alles ʼn plan het en of uitdagings voor die voet weggevee word . Inteendeel , in Sydney se geval is dit asof hy eerder reeds die teenvoeter vir elke uitdaging het .
Leke glo dit is eenvoudig om met groente te boer : jy bemes , plant en sit rustig agteroor totdat die vrug van jou arbeid gereed is om geoes te word . Die skaal waarop hy boer en die gepaardgaande intensiteit daarvan kan eerder vergelyk word met vyf komposisies wat tegelyk op vyf verskille klaviere gespeel word . Om nootvas te wees vereis voorbereiding om die onvoorsiene van ver af uit die boom te kyk .
Hierdie gawe is by hom ingeskerp deur sy ouers wat ook in Lynedoch se omgewing buite Stellenbosch met groente geboer het .
Maar het hy nie van kleins af gesien dat boere gereeld swaarkry nie ? “ Beslis . Dit is hoekom ons deesdae weet ons moet slimmer boer .”
“ Ek is baie bevoorreg om in hierdie omgewing gebore en getoë te
1 . Sydney Claassen by sy span agter hom , van links na regs ; Jenifa Solaris , Christina Wilson , Fikhile Stimela , Lydia Johnson , Sesethu Mbelu , Maggie Fourie , Philasande Ndongeni en Zodwa Tsola .
25 MARKtoe ! Mei 2023