MARKtoe! MEI 2023 Uitgawe 104 | Page 21

LANDBOU

Junie toegevoeg en sy oordeelkundige spuitprogram kom in werking – oordeelkundig omdat hy nie voor die voet kan spuit nie omrede sekere chemikalieë sy mark negatief kan beïnvloed . Terloops , Wayne sou wat wou gee om die organiese mark te betree , maar in hierdie stadium het hy nog nie die aptyt vir daardie kaliber risiko nie .

Die oes is teen Augustus af . Vervolgens word vir ongeveer ses weke gesnoei . Laasgenoemde proses is van kardinale belang , aangesien die gehalte van hierdie jaar se snoeiwerk direk impak maak op die kwaliteit van volgende jaar se vrugte . Daarna spuit hulle vir peste . Onkruid moet beheer word . Hy moet bepaal watter spuitstowwe hy

gelyktydig kan gebruik om kostes onder beheer te hou – elke uur op die trekker kos geld . En dan begin die siklus weer van vooraf .

“ En die werk wat jy laas jaar gemis het , moet jy beslis hierdie jaar inhaal . Tydsberekening is die wagwoord . As jy jou spuite mis , of op die verkeerde tyd doen , is jy busted .”

Een van Wayne se groot uitdagings is iets so eie aan die Kaap van Storms soos kerriesnoek : Die wind .

Dan is daar natuurlik die powere uitvoer-infrastruktuur . Sy produkte word na die Verre- en Midde- Ooste , Oosbloklande en Europa uitgevoer en dit vereis dat die hawens seepglad moet werk . Helaas . Kontantvloei is nog ʼn turksvy .

4 . Tydsberekening is vir sitrusboere die wagwoord . Wayne weet hy moet hierdie jaar die werk wat verlede jaar oorgestaan het , inhaal . En sy spuitprogram moet slaafs gevolg word .
4 .
21 MARKtoe ! Mei 2023