MARKtoe! MEI 2023 Uitgawe 104 | Page 20

LANDBOU
3 .
3 . Vroegryp vrugte word uit die boorde verwyder en diep begrawe as teenvoeter vir die verpeste vrugtevlieg .

volhoubaarheid , Barend Sulvester uit . As ʼ ’ n vooruitdenkende persoon skryf Wayne toe in 2017 by KAL Academy in .

“ Ek het besef ek moes myself behoorlik ingelig kry sodat ek nie my besigheid opmors nie . Die eerste jaar het ek die kursus in Gemengde Boerdery gedoen en gedurende die tweede jaar Diereproduksie . Ek het ontsettend baie geleer en baie lekker mense ontmoet . Dit was vir my ʼn totale eyeopener . Daar het ek die volgende geleer : As jy nie meet nie , sal jy nooit weet nie . En dit beteken jy moet altyd rekord hou en fokus op wat jy doen . Op daardie manier kan jy aan die einde van die jaar presies sien hoe jy gevaar het . Hoe pas ek aan by laas jaar ? Hoe moet ek te werk gaan om volgende jaar beter te doen ?”

Wat Wayne geheel en al verbyster het , was om in die teenwoordigheid van mense te wees wat oor soveel kennis beskik . Daar en dan besluit hy om sy eie kennis uit te brei sodat hy een van hulle kon word .

Dus weet hy nou om in April en Mei te begin oes – hierdie datums word bepaal deur sy agente wat laat weet hulle wil die vrugte groen of geel hê . Intussen word vroeë vrugte wat afgeval het , opgetel en begrawe om die alomteenwoordige vrugtevlieg te bekamp .

Kunsmis word aan die begin van

20 MARKtoe ! Mei 2023