MARKtoe! MEI 2023 Uitgawe 104 | Page 19

LANDBOU

suurlemoenbome met wingerd vervang .

“ Maar toe was dit anderkant om . Ek het intussen my huiswerk met betrekking tot boerdery gedoen en besef suurlemoene vaar ontsettend goed . Fairview nader my toe weer en dit is hoe ek toe begin boer het .” Wayne boer reeds vir agt jaar lank en het in 2014 begin snoei om die boorde op standaard te kry . Die droom om geld uit boerdery te maak en die werklikheid is egter teenstrydige konsepte . En hierdie stand van sake tref hom toe hard . En toe hy besluit om te begin boer , drink die verkope desnoods aan die agterspeen .

“ Skielik verdien ek nie geld uit die boerdery nie en te min uit die verkope omdat ek my oog op die boerdery moes hou . Ek begin toe saans en naweke as kroegman werk om die pot aan die kook te hou . Maar Fairview het my gedurende die eerste seisoen finansieel ondersteun .”

Soseer dat hy in 2016 sy eerste 31 ton suurlemoene kon uitvoer . En dit stel hom toe in staat om Fairview terug te betaal .

Wayne rus egter nie op sy louere nie . Hy probeer sy kennis verbreed deur met kenners op sy gebied te gesels en kom uiteindelik by KAL Academy se senior bestuurder vir

2 . Wayne reken sekere kultivars se wortels is te lui om ordentlik water te soek en daarom plant hy meer gewillige onderstamme met sy gunstelingkultivar daar bo-op .
2 .
19 MARKtoe ! Mei 2023