MARKtoe! MEI 2023 Uitgawe 104 | Page 17

LANDBOU

ons dit nie breed gehad nie . Daarom het ek altyd probeer om my eie sakgeld te verdien . Ek het dit so van ouderdom nege af gedoen deur ná skool , naweke en gedurende skoolvakansies vir my oom te werk .”

Die oom was ʼn “ groente en vrugte smous ” en Wayne se pa , ma , broer en neef het ook almal vir hom gewerk . Oom het by plase omgegaan en Klas Twee en Drie vrugte aangekoop , die verpakking daarvan gedoen en dit by die Kaapse Mark gaan verhandel .

“ Hy was ook ʼn verkoopsman by die mark en ek het dit ook saam met hom gedoen . Partykeer was dit moeilik . Daar was tye wat ek net ʼn kind wou wees . Maar vandag is ek baie bly ek het deurgedruk .”

Ná skool neem Wayne ʼn verreikende besluit : hy gaan vir homself werk . Sy pa gee vir hom ʼn ou bakkie met die volgende woorde : “ Wayne , nou kan jy doen wat jy wil doen .”

“ In die middae ná skool – ek was toe agtien – begin ek toe op my eie groente en vrugte verkoop . En ek het baie goed gedoen . In so ’ n mate dat ek naderhand my oom se besigheid uitgekoop het . Toe het ons landwyd gegaan .”

Fairview – vandag geroem vir bokmelkkaas – was een van die plase waar Wayne vrugte gepluk en verpak het .

“ Hulle fokus was meer op wyn en kaas , maar daar was 5,2 hektaar

2 . Wayne het op ouderdom nege as smous vir sy oom begin werk , maar kry later die geleentheid om te boer en het toe by KAL Academy gaan kers opsteek .
2 .
17 MARKtoe ! Mei 2023