MARKtoe! MEI 2023 Uitgawe 104 | Page 16

WAYNE MANSFIELD – HOE OM IN BOERDERY GESKOOL TE WORD
LANDBOU
1 .

WAYNE MANSFIELD – HOE OM IN BOERDERY GESKOOL TE WORD

“ Sien , ek was nie baie sterk op skool nie omdat ek niks van papierwerk gehou het nie . Ek ’ s een wat lief is om met my hande te werk .” Só vertel Wayne Mansfield met sy kenmerkende nederigheid . Dít , terwyl hy met sy skootrekenaar aangeskakel op die passasiersitplek voor in die bakkie sit en aandag aan sy administrasie wy . Een oog op sy nou geliefde papierwerk en die ander op die werkers in sy geil suurlemoenboorde .

“ Ja , maar hierdie papierwerk is anders . Jy moet jou hand stewig op jou besigheid se pols hou .” Sonder dat papierwerk geskied , is handearbeid mos tot niet .

Hierdie besigheid heet Fruit Field Farming en word op die plaas Diamant bedryf .

Wayne is gebore en geskool – nié bloot skolasties nie – in Pniël . Die dorp lê tussen Stellenbosch en Franschhoek en is in 1842 as sendingstasie vir hawelose bevryde slawe gevestig . Die naam verwys na die plek waar Jakob met God gestoei het – dit beteken ‘ Die Gesig van God ’ – en dit is hoeka hier waar Wayne aanvanklik met die toekoms handgemeen geraak het . En die seën ontvang het .

“ Gedurende my kinderjare het

1 . Wayne Mansfield se lewe as sitrusboer is aansienlik makliker gemaak deur hierdie trekker wat Agrimark Mechanisation hom gehelp koop het .
16 MARKtoe ! Mei 2023