MARKtoe! MEI 2023 Uitgawe 104 | Page 15

LANDBOU

boere . . . wel , ek wil nou nie sê hulle minag my nie , maar hulle dink jy betree nou húlle wêreld en jy is uit jou comfort zone uit . Maar ek laat nie vir my intimideer nie .”

Kapitaal is ook op haar lys van uitdagings teenwoordig . Charmelle boer tans met 200 skaap , maar sy mik vir 1 000 . Tot op hede maak hulle ‘ n bestaan uit die plaas se opbrengs , maar desnoods ook op Eduard se salaris wat hy by ʼn plaaslike myn verdien as tegnikus wat gereelde kontrakwerk doen . “ Maar met die koms van die volgende lammers , gaan ek die lig sien opkom en ek weet ek boer nou in eie reg .”

2 .
2 . Charmelle Adams huur 3 000 hektaar grond by die Griekwa-gemeenskap en is besig om die infrastruktuur met vrouemoed te verbeter .
15 MARKtoe ! Mei 2023