MARKtoe! MAART 2023 Uitgawe 102 | Page 9

LANDBOU

Wellington se hele landboubedryf is te danke aan die Kromrivier , die goeie terroir en die goeie klimaat . Daar , aan die voet van Bainskloof met die oudste bergpas in die land , is lappies grond met ’ n wye verskeidenheid produkte wat op oorsese markte die Suid- Afrikaanse vlag trots laat wapper .

Net soos die meester-padbouer se konstruksie van die pas , word hier steeds pionierswerk op plase in die omgewing verrig , want benewens die veranderende klimaat , is minder reënval saam met beurtkrag ’ n reuse uitdaging . Die landbou-landskap is ’ n ewig veranderende een waar produsente met nuwe tegnieke , nuwe saad of nuwe produkte eksperimenteer .

Op min ander plekke hoor jy sulke mooi Afrikaans op straat , in kafees , op plase en in proelokale . Dis ook hier waar name ʼ ’ n mens aan die pioniers van weleer herinner en hoe hulle die grense van hul eie beperkinge oorkom het .

Dis ’ n ware belewenis om hierdie omgewing te verken en kort-kort te ervaar presies hoe na aan die geskiedenis party van die plase se erfenis is .

MARKtoe ! Maart 2023 9