MARKtoe! MAART 2023 Uitgawe 102 | Page 75

deel van ’ n groot maatskappy is , kan ons ‘ n wye reeks produkte van uitstaande gehalte verskaf en diens met ‘ n persoonlike aanslag lewer . Mense maak hier saak . Ons wil hê dat ons klante beter daaraan toe moet wees weens ons bestaan , want dis ʼ ’ n simbiotiese proses – as ons klante groei , sal ons ook groei en so help ons mekaar .”

Stefan is nie bang om sy moue op te rol nie en hy ’ t onlangs as vurkhyserbestuurder gekwalifiseer sodat hy kan inspring . As dinge besig raak , gooi hy maklik ’ n sak

WINKEL

hondekos of kunsmis oor sy skouer en dra dit vir ’ n klant motor toe . “ Hoe anders sal ek verstaan hoe dinge werk ; hoe alles inmekaar steek en waarmee personeel daagliks te doen kry ? Dis noodsaaklik om betrokke te wees .”

Daar heers groot opwinding in die winkel omdat drie personeellede pas gekwalifiseer het om wapens en ammunisie te verkoop . “ Nou wag ons net vir ons lisensie van die polisie af en dan kan ons begin handel dryf . Dis iets wat ons beslis van ander sal onderskei ,” glimlag Stefan .

Agrimark Wellington Hoofweg , Wellington 7655 tel : 021 873 2051 www . agrimark . co . za Volg Agrimark op :

MARKtoe ! Maart 2023 75