MARKtoe! MAART 2023 Uitgawe 102 | Page 73

WINKEL
12 .
13 .
12 . Buite woel dit soos afleweringsvoertuie gepak word om bestellings van Hermon tot Perdeberg te gaan aflaai . 13 . Die groot stoor het alles wat die ywerige tuinier of selfdoen-entoesias mag benodig .

permanente nalatenskap in die gemeenskap te los en ‘ n noemenswaardige verskil in al die betrokkenes se lewens te maak . Klante word soos ou vriende gegroet , die meeste op die naam . Gereelde plaasbesoeke beteken dat personeel altyd op hoogte van produsente se behoeftes bly .

Wellington-streek se landbouaanbieding is verbasend uiteenlopend . Daar is heelwat wynen tafeldruifprodusente , sitrus , granate , bessies , amandels en kwekerye wat van wingerdstokkies tot avokadoboompies verkoop .

Agrimark Wellington het hul eie brandstofpomp en ʼ ’ n groot stoor wat produkte vir produsente

aanhou , sowel as leefstylprodukte vir almal wat graag moue oprol en dinge aanpak - op die plaas of in die dorp , in die huis of in die buitelug .

Al het die winkel meer as 14 000 verskillende produklyne , wat klere , troeteldier benodig hede , braaitoerusting , driepootpotjies en vars vleis insluit , brei hulle steeds uit .

“ Die klereafdeling brei baie uit , en so ook die afdelings vir troeteldieren besproeiingsprodukte . Die Pet Zone het onlangs ’ n nuwe voorkoms gekry en dit is goed ingerig met alles wat klante vir hulle viervoetvriende kan nodig kry . Ons hervul ook gas en ruil nie net bottels om nie ,” sê Stefan .

MARKtoe ! Maart 2023 73