WINKEL
10 .
11 .
10 . Agrimark Wellington hervul ook gas en ruil nie net bottels om nie . 11 . Die bou-afdeling het ’ n uitgebreide reeks vensters , deure , sement en ander boubenodighede .
vier vanjaar 26 jaar by die winkel en die twee van hulle het beslis baie staaltjies om te vertel .
Die wingerdpaalpype word as ‘ n volledige eenheid ingevoer en dis nie nodig om kramme in te kap nie , so dis baie minder arbeidintensief as teerpale .
Die 33 personeellede is ’ n goeie kombinasie van nuwelinge en mense met lang diens . Stefan glo dat bemagtiging en ontwikkeling tot ’ n gelukkige span lei met mense wat die vrymoedigheid het om besluite te neem wat hulle glo die klante en winkel se beste belange op die hart dra .
Hy wys na die einste konferensiesaal wat vir die publiek se gebruik beskikbaar gestel word . Die bedrywige boerevereniging , onder voorsitterskap van Sas Oosthuizen , hou hul vergaderings hier en is ’ n waardevolle bron van inligting waar dit kom by nuwe produkte en tegnologie wat benodig word .
Die winkel se betrokkenheid by die gemeenskap strek egter veel verder as die landbou . In ooreenstemming met die maatskappy se korporatiewe maatskaplike beleggingsinisiatiewe , word projekte by skole en ouetehuise gereeld ondersteun om ‘ n
72 MARKtoe ! Maart 2023