MARKtoe! MAART 2023 Uitgawe 102 | Page 69

WINKEL
4 .
5 .
6 .
4 . Stefan Strauss is die afgelope 18 maande die takbestuurder . 5 . Agrimark Wellington het ’ n groot verskeidenheid leefstylprodukte vir almal wat graag moue oprol en dinge self doen – maak nie saak of dit op die plaas , die dorp , die huis of in die buitelug is nie . 6 . Die klereafdeling brei baie uit en bied klere en skoene vir werk en ontspanning aan .

Deesdae hou hierdie eenstopwinkel alles aan – van herlaaibare gloeilampe tot braairoosters en besproeiingstoerusting . Die voorraad word elke seisoen aangepas om by die streek se landbou-aktiwiteite aan te pas , een maand is daar meer krammetjies vir wingerdstokkies , ’ n ander snoeiskêre of kompos , en ander maande weer ‘ n fokus op pesbeheer vir steenvrugte .

MARKtoe ! Maart 2023 69