MARKtoe! MAART 2023 Uitgawe 102 | Page 68

WINKEL
1 .

Klante is soos familie hier by

AgrimArK Wellington

Die geboue in Wellington se hoofweg is al vir langer as vyf dekades die tuiste van Agrimark en dis steeds dié plek waarheen mense kom om brandstof , landboubenodighede , kamptoerusting , tuisgemaakte beskuit en vleis te kom koop .

Deur Maryke Roberts | Fotografie : Michel Dei-Cont
2 .
3 .
1 . Van die personeel van Agrimark Wellington is agter van links , Wilmari Sass , Yolana Small , Burtie Booysen , Janine Williams , Christopher Pietersen , Antoinette le Roux , Rogail Chordnum , Sanna Makaba , Tamlin Hoffman , Adinaan Farmer , Elizma Roems , Nathaniël Hendricks , Vicky du Preez en Pieter Storm . Voor van link is Charles Scheepers , Mario Baadjies , Fiona Samuels , Stefan Strauss ( takbestuurder ), Henlo Basson , Bradley Smith en Josephine Titus .
2 . Die groot reeks elektriese bore , sae en ander kraggereedskap is ideaal vir diegene wat self wil inspring om iets reg te maak of te bou .
3 . Die Pet Zone het onlangs ’ n nuwe voorkoms gekry en dit is goed ingerig met alles wat klante vir hul vier been-vriende kan nodig kry .
68 MARKtoe ! Maart 2023