MARKtoe! MAART 2023 Uitgawe 102 | Page 60

LANDBOU
3 .
3 . Die plaas se vooruitgang , nuwe geboue en aanbouings word hier met foto ’ s teen die mure geïllustreer , want Faan glo elke werker is deel van die groei en die sukses .

onderstokkies of wildestokkies beland het .

Dis weer KWV wat by hom opkom . In 1995 het Faan 20 snoeiskêre besit wat meestal vir sy eie wingerdstokkies ingespan is . “ Met Madiba Magic in 1995 , is daar ’ n tekort aan wingerdstokkies en KWV vra wie almal kan help . Ek was een van dié wat hand opgesteek het . In 2001 is net ek oor en van geen vragmotors en 21 manne het ek tot vandag se huidige kapasiteit gegroei .”

Die store gons van middel Mei tot middel September , wanneer Soetendal tweederdes van SA se wingerdbedryf se onderstokkies voorberei . Wetgewing vereis dat die stokkies binne ’ n week verwerk moet word , maar Faan weet hoe langer hy lê , hoe swakker word hy en daarom is hul omdraaityd 72 uur .

Omdat heelwat van die seisoenale arbeiders ongeskoold is , het Faan sy stokkie-besigheid in kleure verdeel en elke stokkie is naspeurbaar , sou daar fout kom . “ Soms is al agt kleure in produksie en dit verg kophou om al agt lotte gelyktydig te verwerk sonder om deurmekaar te raak ,” vertel hy .

Faan lewer die stokkies droog of

60 MARKtoe ! Maart 2023