MARKtoe! MAART 2023 Uitgawe 102 | Page 58

LANDBOU
2 .
2 . Foto ’ s teen die skuur se muur getuig van die mense wat deel van die plaas se sukses was .

sy span 780 000 per dag . “ Dit wat my pa in vier maande gedoen het , doen ons in ’ n halfdag ,” vertel hy .

Maar hoewel hy dalk soos ’ n moeilike woelwater voorkom , erken hy dat hy mal is oor mense en hoe strenger die arbeidswetgewing , hoe meer ekstra werk kry hy , want regulasies en vorms is sy kos . Hy laat hom nie onderkry deur stremmende wetgewing nie .

“ Die lekkerste gevoel is as hierdie store volstaan en ek weet ek gee vir ’ n klomp honger mense kos .”

Ek wonder waar sy sukses ontstaan het . Faan lag as hy terugdink aan hoe alles begin het : in 1984 was hy in standerd vier . “ Ek hoor van ’ n man in die omgewing wat uitvoerspanspek het wat te klein vir die uitvoermark is .” Faan oortuig hom toe om die vrugte by hom af te laai vir hom om dit teen 10 % kommissie te verkoop . Hy maak daardie Desembervakansie R298 wins . ’ n 12-spoed Raleighresiesfiets kos toe R99 . Sy onderneming word al hoe groter en mense uit alle uithoeke laai vrugte en groente af .

58 MARKtoe ! Maart 2023