MARKtoe! MAART 2023 Uitgawe 102 | Page 57

LANDBOU
1 .
1 . Die houttafels waarop die Felco snoeiskêre geduldig lê en wag vir wanneer daar weer in die winter en lente wingerdstokkies gesny moet word .

geplant . Hy het geen ou wingerde nie en glo as die opbrengs per hektaar nie goed genoeg is nie , is die wingerdstokkies net goed vir vuurmaakhout . “ Ek het een 1,5 hektaar Colombar van 1988 . Sy opbrengs is 30 ton per hektaar , so hy is nog nie op die dodelys nie , maar sodra hy my teleurstel en minder lewer , kom sy naam in permanente khoki op die witbord in die kantoor en ná die oes trek ek hom uit en plant jong wingerde .”

Hy voeg by dat hy vir geld boer . “ Sentiment is die Afrikanerdom se ondergang . Ons kan nie meer droëland ekonomies boer nie . As jy nie aanpas nie , gaan jy onder .”

Faan se pa , Bertie , het destyds ook stokkies geknip , maar 300 000 per seisoen geknip . Nou doen Faan en