MARKtoe! MAART 2023 Uitgawe 102 | Page 48

LANDBOU
5 .
4 . Die reuse kelder met sy vlekvrye staaltenks waar die wyne gemaak word .

hul druiwe verkoop , maar Gielie sê hul fokus is nou om genoeg kwaliteit druiwe vir hul eie etikette te voorsien .

Johan sê die plaas se kultivar-held is beslis Malbec en dis al verskeie male bekroon as die land se beste . “ Malbec is besig om al gewilder te word en ons is baie trots dat ons in daardie hoogstaande klas sal kan voorsien .”

Ek loer oor sy skouer na ’ n vet , apteek-agtige botteltjie met

’ n donkerpers vloeistof in en ʼ ’ n mooi swart en pers etiket met die kenmerkende “ D ” en die doolhofmotief . Hy lag en sê ek neem die woorde so uit sy mond . Dis Doolhof se Malbec-gin . Dis daardie bekroonde Malbec-druiwe wat hier so goed vaar , wat hierdie gin die geure van Malbec se kenmerkende anys , drop en soetvrug gee . Dit gaan beslis saam met my huis toe !

Benewens brande en beurtkrag , is die vestiging van nuwe markte ,

48 MARKtoe ! Maart 2023