MARKtoe! MAART 2023 Uitgawe 102 | Page 42

LANDBOU
3 .
3 . Gielie Beukes , wynmaker , trek voorbeelde uit die verouderingskelder .

Die teken : “ Be careful . Horses tend to bite ” langs die perdekamp laat my onwillekeurig glimlag , want ek kan dink hoeveel toeriste al hier gehap is !

Die nuwe restaurant , Mila at Doolhof , is besig en mense ontspan met varsgemaalde koffie of yskoue vonkelwyn . My oog vang die Biltong-en-Bovril of Eiervrugen-Chorizo Shakshuka vir ontbyt , of die bees-en-beenmurg-burger vir middagete . Donderdagaand is burgeraand en dan is dit dié kuierplek .

Die wynlys is ’ n versameling van die plaas se bekroonde wyne en heel onder is Karen Zoid se Sy Raas Shiraz 2022 . Later meer daaroor .

Dinge op die plaas staan nie stil nie . Behalwe die nuwe restaurant , is daar nuwe aanplantings en ’ n pragtige nuwe proelokaal onder ’ n reuse boom neffens die wynkelder waarvan die hele voorkant met ’ n rankplant oortrek is .

As jy in die proelokaal kuier , of buite in die briesie sit , kan jy 15 wyne uit die plaas se drie wynreekse proe . Daar is lekker peuselborde teen R150 vir twee mense en piekniekmandjies as jy wil vertoef .

42 MARKtoe ! Maart 2023