MARKtoe! MAART 2023 Uitgawe 102 | Page 32

LANDBOU

moeite dubbel en dwars . Onder die net oes hulle 37 ton per hektaar , maar net 22 ton buite die net .

Proefrye word ook aangeplant om te verseker dat hulle die regte plantmateriaal op die regte plek plant . “ Mens kry baie ‘ raad ’ by ‘ kundiges ’, maar dit kan baie misleidend wees omdat jy na suksesvolle boorde gaan kyk , maar mikroklimate verskil geweldig en dieselfde sal glad nie in jou grond aard nie .”

Hulle het ook onlangs begin met hoë digtheid-aanplantings :

3,5 x 1,25 m met 2 283 bome per hektaar , in plaas van die tradisionele 4,5 x 2 meter met 1 111 bome . Minder vrugte word per boom geproduseer en bome dra groter vrugte .

Hulle beplan nie reuse veranderinge waar dit by gewasse kom nie , maar is voortdurend besig om nuwe kultivars te plant om in die vraag en aanbod te voorsien , en ook om die beste materiaal te plant . Robert se oë blink egter as jy praat van ander opsies , soos amandels .

Mens wonder of dié saamwerkery tussen pa en seuns vir hulle werk ? Pierre sê hy en Robert gesels baie daaroor dat hul pa se bestuurstyl van hulle s ’ n verskil omdat hy ’ n eenmansaak was , en dat daar nou meer koppe in die mus is . “ Ek en Robert glo aan goeie , gereelde kommunikasie en ons trap alles deeglik uit , voor ons besluite neem .”

Hulle glo ‘ n mens moet so aanplant dat dieselfde hande heeljaar besig gehou kan word met verskillende gewasse .

“ Ons grootste uitdaging is om die konstante koste-knyptang onder beheer te hou – veral op wyndruiwe waar jou winsmarges minimaal is .”

Robert vertel dat sy pa hulle van kleins af goed geleer het om saam te werk en om die idee van ʼ ’ n familieboerdery en die ekonomie van skaal wat daarmee gepaardgaan , te koester ; om die groter prentjie te sien .

Pierre voeg by dat die groot aflosstok nou aan hulle twee oorhandig is . “ Ons moet dit nou verder dra en vorentoe vat . Dis ’ n groot verantwoordelikheid te midde van baie groot uitdagings , maar ek glo elke donker wolk het ’ n silwer randjie en ons omring ons met kundiges in die bedryf sodat ons die regte besluite kan maak .”

32 MARKtoe ! Maart 2023