MARKtoe! MAART 2023 Uitgawe 102 | Page 31

LANDBOU

wyn vir my gemaal en deur die gistingsproses gesit en verder het ek self ingespring . Ons het ’ n klein keldertjie daar by my pa se huis en ons laat die wyn daar verouder ,” vertel hy geesdriftig .

“ Die druiwe vir die projek het uit een hektaar Carménère gekom . Die eerste jaar se proef was ’ n reuse sukses en daarna het ons dit begin uitbou en nou het ons ook met Malbec , Shiraz en Pinotage begin eksperimenteer .”

Die Blakes se wynmakery is nog “ baie boetiekstyl ”. In 2021 is Shiraz , Carménère en ’ n Bordeauxerige versnit met Cabernet Franc , Cabernet Sauvignon , Merlot , Shiraz en Carménère gemaak .

In 2022 het hulle ’ n Cabernet

Sauvignon , Shiraz en Carménère in Franse eikehout verouder , in derde en vierde vul vate . Vanjaar het Pierre met Chardonnay begin speel – sy pa is lief vir Chardonnay en daar is genoeg Chardonnay op die plaas . En sedert laat Februarie rus daar nou ook Chardonnay in ’ n 300 liter vaatjie .

Die droom is om in die toekoms onder die nuwe Boterberg Philadelphia-etiket wyn te maak . Pierre wys vir ons die etiketontwerp met die historiese kerkie op Philadelphia op sy foon .

Hulle span tegnologie tot hul voordeel in : sonkrag , sakkies oor granate om sonskade te verminder en nette oor sekere gewasse en net op sekere blokke om windskade te verminder . Hulle wou ’ n beter uitpak-persentasie vir hul uitvoergewasse hê . Altesaam 22 hektaar is onder nette gevestig . Weer het hulle baie lesse geleer , soos dat jy jou doelwit moet identifiseer , om byvoorbeeld die windskaafmerke te verminder , en toe het dinge darem verbeter .

Nette is ’ n groot uitgawe en sekere kultivars baat nie veel daarby nie . Maar Tiffany , die laat witvleis-nektarien , beloon hul

MARKtoe ! Maart 2023 31