MARKtoe! MAART 2023 Uitgawe 102 | Page 26

LANDBOU
1 .
1 . Van die granate kry sakkies op om skaafmerke te voorkom .

is op Koorlandsdrift . Dis ’ n familieboerdery wat Pierre Blake senior gevestig het en waarby sy seuns aangesluit het – Pierre in 2010 en Robert in 2016 .

Albei het landbou geswot , maar Robert het ’ n Honneurs in landbouekonomie bygevoeg en eers ’ n aftree-oord in Gauteng bestuur . Die drie boer nou al vier jaar saam en van vanjaar af gaan pa bietjie meer op die agtergrond skuif .

Pierre fokus meer op die tegniese aspekte , aanplantings , kunsmis , waterbestuur ; Robert , aan die ander kant , is meer ingestel op die finansiële kant van die plase .

Pierre vertel : “ Ons het aanvanklik net met wyndruiwe geboer , maar my pa het die visie gehad om te diversifiseer en toe begin om pruime te vestig . Hulle weet dat alles in siklusse draai en jy moet gereedmaak daarvoor deur jou risiko te versprei – as jy ’ n kommoditeit het , plant vroeg tot laat , as daar iets in die seisoen faal , het jy beter algemene inkomste oor die hele jaar .”

Die Blakes het Koorlandsdrift in 1993 gekoop , met die doel om pruime te plant , want die pruimbedryf het destyds baie belowend gelyk .

26 MARKtoe ! Maart 2023