MARKtoe! MAART 2023 Uitgawe 102 | Page 25

LANDBOU buite die kajuit . Mans is mos maar almal in hul harte nog seuntjies , of hoe ?

Pierre vertel tydens een van dié stop-sessies terwyl hy uitkyk oor die uitgestrekte vallei wat teen die Porseleinberg doodloop : “ Hierso kan jy ver kyk , só op die grens van die Swartland en Wellington . Laatmiddag as die stof van die dag gaan lê het , kan jy dikwels ’ n visarendpaartjie se roep teen die blou hemel hoor .”

Mens hoor hoe hy hier in die grond ingewortel is . Hoe landbou sy hart warmer laat klop . Ek kry die nodige inligting oor hoe dinge inmekaar steek : drie plase onder die Abendruhe Plase-vaandel . Die verste een , Boterberg , is buite Philadelphia . Op die drie eiendomme word daar onderskeidelik wyndruiwe , steenvrugte ( nektariens , perskes , pruime ), granate en ’ n proef met appels vir Distell verbou . Daar is ongeveer 300 hektaar wyndruiwe en 80 hektaar steenvrugte . Philadelphia het net wyndruiwe en al die granaatboorde

Pale vir Wingerd-bou , Net-strukture , Heinings , Telekommunikasie en Transmissie .

H4 en H5 behandeling in Kreosoot en Koperkroomarseen ( CCA ). Noord-Kaap , Wes-Kaap , Limpopo , KZN , Mpumalanga , Oos-Kaap , Vrystaat , Namibië en ander Afrika lande .
Vuka Timbers ® pale is beskikbaar by Kaap Agri en Agrimark takke landswyd .
Dring aan op Vuka Kwaliteit Navrae : 017 821 0832
Vervaardigers en verskaffers van kwaliteit Kreosoot en Koperkroomarseen ( CCA ) behandelde Bloekom pale .