MARKtoe! MAART 2023 Uitgawe 102 | Page 24

LANDBOU
4 .
4 . Die druiwe was amper gereed om geoes te word en hang bolwang in die laatsomerson .

Hermon druiwe en granate op ’ n ander plaas , Koorlandsdrift , oes .

Wellington en Hermon se berugte hitte maak dit vir niemand maklik om buite te wees nie , maar in die koelte van die granaatbome , ervaar jy ’ n gedeelde opwinding oor hoe mooi die vrugte teen die grasgroen blare afsteek ; hoe ritmies die snoeiskêre saam knip ; die vrolike gesels van plukkers en later pakkers in die stoor .

Ons ry saam op die plaas rond .

“ Ons het nou gevind dat jy granate volhoubaar hier kan boer .”

In die ry vra ek vrae ; kort-kort is daar ’ n klop op die dak van fotograaf Mike as hy iets sien wat hy wil afneem . Tussen dié af- en opspringery , gesels Mike met Robert , wat saamry agterop die bakkie . Die opwinding van die ervaring , vooruitgang en groei , is amper tasbaar binne en

24 MARKtoe ! Maart 2023