MARKtoe! MAART 2023 Uitgawe 102 | Page 23

LANDBOU

Voor ons begin gesels , sny Pierre Blake vir my ’ n boepens granaat met sy knipmes oop . Hy sny eers die koppie af en sny dan sorgvuldig netjiese bane teen die kant van die granaat af . Die pienkrooi pitte dig opmekaar , uitnodigend . Hy gee ’ n skyf aan en ek eet dit soos ’ n waatlemoenskyf .

Dis stroopsoet , maar ook effens frank . Die pitte ontplof amper soos pofkoring op jou tong . Op 52 is dit ’ n eerste vir my : dié etery van ’ n granaatskyf ; die stroop wat teen my ken afdrup ; die sagte blik in ’ n jong boer se oë as hy kyk na my en die fotograaf se opgewondenheid

oor die produkte wat hy in die sweet van sy aangesig gekweek het .

“ Laatmiddag as die stof van die dag gaan lê het , kan jy dikwels ’ n visarendpaartjie se roep teen die blou hemel hoor .”

Dis daardie sagtheid , optimisme en opgewondenheid van nuwe projekte wat vrugte afwerp wat jy by albei Blake-broers van Abendruhe Plase ervaar . Ons afspraak verskuif van die een Abendruhe-plaas nader aan Wellington , na waar hulle naby

3 .
3 . Die uitsigte op die plaas laat jou vry asemhaal .
MARKtoe ! Maart 2023 23