LANDBOU
2 .
2 . Die wyne lê in die verouderingskelder in eikehoutvate om te verouder .
Wat hou die toekoms in ? “ Ons gaan fokus om ons kwaliteit nog meer te verbeter , ons verkope te laat groei en markte uit te brei . En natuurlik om ons deelname aan die Carbon Heroes-projek waarby ons drie jaar gelede aangesluit het , ook na Fairtrade toe uit te brei . Al die regulasies waaraan mens by sulke sertifiseringstelsels moet voldoen , is goed wat jy in elk geval moet doen as jy volhoubaar wil boer . Dis belangrik dat die klant verseker is dat hy werklik die produk kry waarna hy soek . En hierdie tipe sertifiserings is beter as net ons woord ; dis ’ n stempel van kwaliteit .”
Die “ lekker Suidoos ” waarvan Leon vroeër gepraat het , het opgekom en bring ’ n lafenis teen die Wellingtonse hitte .
Dis Valiant Swart se woorde uit sy liedjie , “ So waai die wind ”, wat my bybly toe ons die plaas verlaat : “ Wellington , hoe waai die wind ; So waai die wind ; Wellington ; Ek dra jou saam ; Altyd saam ; Wellington ...”
20 MARKtoe ! Maart 2023