MARKtoe! MAART 2023 Uitgawe 102 | Page 19

LANDBOU

’ n lekker Suidoostewind wat die wingerde goed afkoel .”

Die plaas het vier wynreekse : Lion Creek , Classic , Enkelwingerd en Red Medallion , maar Leon se oë versag as hy oor die Red Medallion Bordeaux-versnit praat . Dit bestaan uit Cabernet Sauvignon , Cabernet Franc , Merlot , Malbec en Petit Verdot en elke kultivar word op sy eie gemaak en vir 12 maande verouder , voor dit versny word en dan nog ses maande verouder word . Die enkelwingerd mag volgens wet nie groter as ses hektaar wees nie en dis ’ n Cabernet Sauvignon .

Ek wonder of die naam Napier Vineyards in Wellington nie soms vir verbruikers verwarrend is nie ? Hy lag en sê vir die Europese mark maak dit natuurlik glad nie saak nie , maar hulle word af en toe met Napier in Nieu-Seeland verwar en ’ n aflewering of skeepsvraghouer is al Napier toe en moes dan terugkom Wellington toe !

Leon bring die gesprek terug na sy pa toe . Hy het by hom geleer om hard te werk en met almal – van die druiwepakker tot die hoof uitvoerende beampte – oor die weg te kom .