MARKtoe! MAART 2023 Uitgawe 102 | Page 18

LANDBOU
1 .
1 . Die witbord in die kelder is ’ n goeie aanduiding van hoe besig dit in parstyd hier word .

oorsprong presteer en hulle slaan ag op toekennings . En wanneer hulle Suid-Afrika besoek , wil hulle ook die wyne hier sien en geniet ,” verduidelik hy .

“ Ons proelokaal is nou ook van Maandag tot Vrydag oop vir die publiek en op afspraak oor naweke , sodat ons ook die Suid-Afrikaanse wynmark se harte kan steel ,” vertel hy met ’ n groot glimlag .

Volgens hom maak dit hom trots om alles wat hier om ons op die plaas is , te kon staanmaak , ’ n kelder en proelokaal te bou , wingerdhektare te vergroot en aan ’ n groot , gerekende maatskappy soos Reh Kendermann te kon verkoop .

Die wingerde dateer almal uit 1990-2001 en word stadig maar seker hervestig en Leon vertel dat hulle nie nuwe kultivars vestig nie , maar eerder die staatmakers net in die teenoorgestelde rigting plant sodat die wingerde geen direkte son kry nie . “ Ons dun die blare erg uit vir beter kwaliteit en te veel son kan nadelig wees . Met die nuwe wingerdry-rigtings , skakel ons die fel son uit en dan het ons ook

18 MARKtoe ! Maart 2023