MARKtoe! MAART 2023 Uitgawe 102 | Page 17

LANDBOU vertel : “ Cabernet Franc aard baie goed hier by ons en in ons versnitte bring hy ’ n baie deurslaggewende geur .”

Hy sê voorts : “ Die 14 families wat hier woon , is ons vennote vir die toekoms en alle druiwe is opgelei en sover moontlik , probeer ons meganiseer en dus nie noodwendig meer mense aanstel nie , maar die huidige mense meer oplei en daartoe ’ n beter toekoms vir hulle en hul families verseker .”

Leon koop Sauvignon Blanc aan en Rosé is die uitvloeisel van jong rooi wingerde wat op die plaas aangeplant is . Herplanting het die afgelope paar jaar ’ n groot deel van die jaar in beslag geneem . Die plaas se verweerde granietgrond aan die voet van die Hawekwaberge en gemiddelde reënval van tussen 600-850 mm , skep ’ n unieke mikroklimaat en bestuursplan . Sewe damme op die plaas vang winterreën op en sonpanele en ’ n kragopwekker is ’ n goeie teenvoeter vir onbetroubare elektrisiteitsvoorsiening .

Hy erken dat die wisselende klimaatstoestande ’ n groot kopseer kan wees . Hul gemiddelde reënval was voorheen 800-1 000 mm en dié reuse aanpassing verg goeie waterbestuur . Arbeid en opleiding is ook ’ n onderwerp wat hulle laat kopkrap . “ Ons spook maar net soos die res van die Suid-Afrikaanse wynbedryf om die negatiewe beeld van ons wyne in die buiteland te verbeter en om markte voor COVID weer te kweek en nuwe markte te ontgin .”

Leon sê die handelsmerk het nie ’ n baie groot voetspoor in Suid-Afrika nie , maar hulle werk hard daaraan om dit te vergroot . Daarom is die groot lof wat Napier Vineyards as een van die toppresteerders by die jaarlikse National Wine Challenge / Top 100 SA Wine 2022 ontvang het , vir hulle so belangrik . “ Ons het verlede jaar al ons etikette verander en die hele reeks ingeskryf . Wynkopers oorsee wil ook weet dat die wyn in die land van

7 . Een van die werkers wat met oestyd help , is Magdalena Malgas . 8 . In die proelokaal teen die muur pryk twee uittreksels uit ’ n Japannese grafiese roman , Manga , omdat een van die outeurs van die tydskrif mal oor Napier-wyne was . 9 . Onder die nuwe Duitse oorhoofse bestuur , is die bemarkingstrategie verander , nuwe markte betree en ’ n nuwe reeks gevestig . 14 Homes is ’ n sosiale handelsmerk wat verwys na die 14 werkershuise op die plaas . 10 . Die plaas het vier wynreekse : Lion Creek , Classic , Enkelwingerd en Red Medallion en hulle almal spog met nuwe etikette .
MARKtoe ! Maart 2023 17