MARKtoe! MAART 2023 Uitgawe 102 | Page 10

LANDBOU
1 .

NAPIER VINEYARDS

Dis nie elke dag wat jy om ’ n tafel in ’ n proelokaal kan sit met ’ n wynmaker wat nie net besig is met sy 23ste oes op dié lappie aarde nie , maar ook vir 17 jaar ’ n aandeelhouer was . Maar as jy met Napier Vineyards se wynmaker , Leon Bester , gesels , besef jy niks aan sy uitkyk of aanslag , is alledaags nie .

Maar so ook is die storie van die plaas wat in Bovlei geleë is en wat sy naam te danke het aan sir George Napier , van 1837 tot 1843 goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop . Hy het ’ n deurslaggewende rol in die afskaffing van slawerny in

1 . Sulke gesonde druiwe maak darem ’ n wynboer en wingerdboukundige se harte baie bly . Aanplantings op Napier Vineyards bestaan nou meestal uit Cabernet Sauvignon wat sowat 40-50 % beslaan . 2 . Tydens parstyd is dit ’ n geroesemoes om die druiwe te pars voor dit te warm is , of daar onverwagte reën uitsak soos die afgelope paar weke ’ n paar maal gebeur het . 3 . Napier Vineyards se proelokaal is nou ook van Maandag tot Vrydag oop vir die publiek en op afspraak oor naweke , sodat die handelsmerk ook meer gevestig in die Suid-Afrikaanse wynmark kan word .
10 MARKtoe ! Maart 2023