MARKtoe! MAART 2023 Uitgawe 102 | Page 54

LANDBOU
4 .
4 . As die druiwe ryp is , wag dit vir niemand nie en dan is die plaas ’ n miernes van bedrywighede .

foto ’ s geneem voor selfone en vir my en die mense wat vir my werk , is dit ’ n lekker besprekingspunt . Kleinkinders kom vra na hul familie en geniet dit om na die foto ’ s te kyk .”

“ As die ouens kampioenwyn uit my druiwe maak , goedso . Ek het my prys bepaal en dit gekry . Ek lewer druiwe . Dis al .”

Faan is die vyfde generasie op die plaas en hier is al van 1862 ’ n Grobbelaar in die saal , vertel hy . Vorige oupas en grootjies het ook al wyn gemaak en hy onthou die staaltjies van hoe die KWV gestig is om die wynbedryf te reguleer . Faan waag nie sy hand aan wynmaak nie , hy sorg eerder dat hy die beste kwaliteit wyndruiwe produseer en lewer dit dan aan kelders . Hy was vir jare lid van Wellington Kelder , maar het ’ n paar jaar gelede groener weivelde gaan soek .

“ As jy nie my produk wil hê nie , verkoop ek dit aan die kelder wat ’ n mark daarvoor het . Ek was aanvanklik skrikkerig toe ek my lidmaatskap opgegee het , maar het nog nie een maal teruggekyk

54 MARKtoe ! Maart 2023