MARKtoe! Junie 2025 - Uitgawe 127 | Page 64

WINKEL
Deur: Clivé Burger | Fotografie: Xseeds
WINKEL

Deur: Clivé Burger | Fotografie: Xseeds

1.

O, die donkie is’ n wonderlike ding! Nou kyk, as’ n“ 6-krag” donkiekar presies weet hoe om sy pad te vind tot reg langs die petrolpompe van Agrimark Garies, dan is daar geen manier dat enigiemand kan sukkel om dié winkel in die dorp te vind nie. Soos iemand die pad soontoe verduidelik:“ Vat net die tweede ingang Garies toe, dan kry jy Agrimark se vulstasie sommer so met die inkomslag.” Dit is immers dié Namakwalandse dorp se enigste vulstasie. Agrimark Garies mag dalk nou nie’ n groot winkel wees nie, maar jy kan bykans enigiets kry waarna jy soek. En as die winkel dit nie het nie, kry hulle dit vir jou!

1. By die tweede ingang na Garies, in die middel van die dorp, lê die Agrimark, Expressmark en vulstasie wat jou sommer met die inkomslag welkom heet.

64 MARKtoe! Junie 2025