Weens die reën wat vroeër die week geval het, is al wat’ n produsent is aan die ploeg om gars, hawer en dies meer te plant om as aanvullende voer te dien( dit is natuurlik produsente met grond waarop gesaai kan word).
Op die Kotzesruspad volg ons Jasper Dreyer na waar sy pa, Coenrad, op die plaas Sandkopdrif ploeg. Ons volg basies die stofwolk agter die trekker en die ploeg.
Hierdie is’ n besige tyd
van die jaar en produsente het nie tyd om met die media te mors nie – wat nog te sê van gaan opdollie vir’ n fotosessie. Beide pa en seun lyk soos hulle moet lyk- mans wat hard en teen tyd werk.
Die onderhoud word dienooreenkomstig in die landery agterop Jasper se bakkie se agterklap gevoer. Namakwalanders mag tans wel ontsettend besig wees, maar hulle is ook lief om te gesels en maak tyd daarvoor. Is daar’ n ander
1. Coenrad Dreyer is’ n sprekende voorbeeld van die Namakwalandse produsent. Wysgeer, filosoof en iemand wat die kuns van storievertel verstaan.