MARKtoe! JUNIE 2023 Uitgawe 105 | Page 43

LANDBOU

groot stoep agter die lodge is die ideale kuierplek en as jy regtig luuks wil kuier , is die jacuzzi op ‘ n houtdek buite die een slaapkamer met ‘ n uitsig oor die Kalahari , net die plek vir jou .”

Wild is daar volop en spesies soos springbokke , koedoes , gemsbokke , roans oftewel , bastergemsbokke , swart- en blouwildebeeste is volop . Maar hier moet jy jou skiet ken omdat Kalahari-jag nie in almal se broek sit nie en daar dikwels verder as 250 m geskiet word . Jagters word die kans gegun om hul gewere op die skietbaan naby die lodge in te skiet en Kassie help graag om beginners touwys te maak . Hier word bedags hard gejag , maar onder streng toesig van Kassie self en met reëls wat hy nie laat verbreek

nie . Hulle jag van bakkies af en veiligheid in die jagveld is vir hom van die grootste belang en hy laat geen guitigheid daar toe nie . Saans is daar genoeg tyd om behoorlik te “ ontspan ”, beduie hy .

Die jaggroep kry ook elke dag tradisionele kos , soos skaapstertjies , skaapkoppe en kerrie-afval , berei in ‘ n outydse klei-oond wat spesiaal hiervoor opgerig is .

“ Ek het twee baie streng reëls by die lodge : ek sit die laaste man in die bed , maar is ook soggens eerste op ,” verduidelik hy met ‘ n amper ondeunde vonkel in die oog en ‘ n mens kan maar net wonder watter jagstories nooit die lodge sal verlaat nie .

Buiten die jag op Winkelhaak , kom toetsspanne van luukse Duitse

1 .
1 . Die golwende Kalahari-landskap is uitdagende jagwêreld maar terselfdertyd die ideale omgewing vir vleisbeeste .
43 MARKtoe ! Junie 2023