LANDBOU
Aan die rosyntjiekant is daar ander uitdagings en volgens Theunis is dit effe makliker om mee te boer as tafeldruiwe . “ Wat ‘ n mens egter in gedagte moet hou , is om gereeld te hernuwe . Ek hervestig byna jaarliks . As jy nie hervestig nie , gaan dinge jou inhaal omdat daar voortdurend nuwe en beter kultivars op die mark kom . Ek het vanjaar weer 10 % van my rosyntjiewingerde vervang waarvan die oudste so 12 jaar was .”
Tans produseer hulle sowat 150 000 kartonne tafeldruiwe en 250 ton rosyntjies in ‘ n gebied wat selfs vroeër as die Augrabiesstreek gevestig is en waar arbeid geredelik beskikbaar is . Vanjaar se oes was ongeveer 30 % kleiner weens die vorige seisoen se donsskimmel wat seldeling en afspening tot gevolg gehad het .
“ Ons uitdagings met die tafeldruiwe is maar grootliks natuurlike omstandighede , soos ryp in September of Oktober en natuurlik reën in die oesseisoen . Ons begin reeds in die middel van November oes en probeer om voor Kersfees klaar te wees . Daarna gaan ons aan met die rosyntjies , wat ons aan Carpe Diem lewer vir verdere verpakking en bemarking . Ons droog soms aan die lote en ander kere op droogbane , afhangend van omstandighede ,” verduidelik hy . Maar om tussen sy beeste en druiwe te kies , is vir hom moeilik . “ Ek geniet die druiwe baie , maar dis meer ontspannend om tussen die beeste te wees . Dis lekker om met teling en seleksie te besluit hoe jou kommersiële diere daar moet uitsien en as die kalwers dan aankom , te sien dat jou keuses reg was . Met druiwe het jy ook sekere keuses om te maak , wat ook dinkwerk vat . Dis dan seker maar die kombinasie van die twee wat vir my ideaal is ,” meen Theunis .
2 .
Die Droughtmasters is ideaal geskik vir die Kalahari en gedy op die veld en bossies .
24 MARKtoe ! Junie 2023