1.
Ons gesels oor uitdagings vir die rooibosbedryf en ek vra ook hoe die kwaai droogte die afgelope drie jaar in die Wes-Kaap hulle geraak het. Volgens Willem het hulle vanjaar slegs ʼn bietjie meer as die helfte van hulle oes gerealiseer. Anders as aartappelboere wat onder spilpunte plant, is dit nie op die langtermyn koste-effektief vir rooibosprodusente om hulle lande te besproei nie. Eerstens is die onkoste om die besproeiingsinfrastruktuur te vestig te duur, maar selfs belangriker is die feit dat rooibos nie daarvan hou om besproei te word nie. Willem meen die komplekse smaak van rooibos ly daaronder as die plant nie genoeg stres nie, wat die gehalte van die tee negatief beïnvloed.
Willem meen die komplekse smaak van rooibos ly daaronder as die plant nie genoeg stres nie
Wat uitdagings betref, meen Willem dat prysskommelings in die bedryf dit moeilik maak om vooruitbeplanning te doen.‘ n Paar jaar gelede is boere hard getref deur pryse wat tot R4,50 per kilogram gesak het, terwyl meer onlangse pryse R55 per kilogram behaal het.“ Vraag en aanbod is ook‘ n kwessie en produsente gaan anders moet begin dink. Om te sorg dat daar voldoende tee in die mark is, gaan ons in die toekoms buffervoorraad moet dra.”
Voor ons vertrek, noem Willem dat mense Groenkol kan besoek en kom kyk hoe hulle tee verbou, verwerk en verpak word.“ Ons kry sowat 1200 toeriste jaarliks op die plaas,” sê Willem.“ My pa se suster en haar man hanteer die besoeke. Dis‘ n rooibos- en fynbostoer en ons noem dit Elandsberg-ekotoerisme.” Vir meer inligting gaan loer by www. elandsberg. co. za.
2.
1. Die handhaaf van higiëne is‘ n belangrike maatreël in dié rooibos pakstoor. 2. Só lyk topklas rooibos.