MARKtoe! Julie 2026 - Uitgawe 139 | Page 8

LANDBOU
LANDBOU

1.

JOHAN EN SYBRAND TEUBES | TEUBES FAMILY WINES

Ons gesels met Johan en Sybrand Teubes by die lang houttafel in die proelokaal van Teubes Family Wines, so’ n klipgooi buite Vredendal op die pad na Klawer. Die pad is tans weens die onlangse vloede gesluit en die brug oor die rivier erg beskadig.

Hier vertel hulle van die Teubes-familie se lang verbintenis met die wynbedryf, maar ook van hul blik op die toekoms.

“ Ons bou’ n duidelike identiteit deur voortdurend na perfeksie en gehalte te streef. Terselfdertyd wil ons ons produkaanbod in pas met nuwe tendense en die behoeftes van’ n nuwe generasie wynverbruikers ontwikkel,” vertel Sybrand.

1. Sybrand en Johan Teubes op hul plaas. Sybrand is die derde geslag wynmaker op die plaas.

8 MARKtoe! Julie 2026