MARKtoe! Julie 2024 - Uitgawe 117 | Page 56

PERSVERKLARING

Agrimark Kuruman en Excelsior Abattoir se biltong-karkaskompetisie weer ʼn wenner

As dit nie geelvet – en sommer baie daarvan – het nie , is dit nie goed genoeg vir Agrimark Kuruman en Excelsior Abattoir se jaarlikse biltongkarkaskompetisie nie .

Die kompetisie vir geelvet-karkasse is vanjaar al vyf jaar aan die gang en het ten doel om geelvetbiltong van ouer beeste ten toon te stel , veral omdat daar nie ‘ n kategorie vir ouer beeste in vetveekompetisies is nie .

Die biltong word beoordeel volgens die bou van die bees , die verspreiding van vet , die hoeveelheid vleis uitgeslag en die balans tussen die vet en vleis .

Volgens Ronell Marais , junior takbestuurder by Agrimark Kuruman , word baie moeite gedoen om veeprodusente van die streek by die kompetisie te betrek en hulle

Van links na regs : Albert Grundlingh , direkteur van Excelsior Abattoir , Andrew Bothma , Rianes de Klerk .
56 MARKtoe ! Julie 2024