MARKtoe! Julie 2022 Uitgawe 95 | Page 37

Oubaas vertel van ‘ n vriend wat hy eendag staan en dophou het toe hy besig was om so teen die hellings te stroop .
“ Hy het so om die kruin van die heuwel verdwyn en het nie anderkant uitgekom nie . Later het ons gaan kyk en die stroper onderstebo gesien . Gelukkig het niemand seergekry nie . Die bestuurder se seun was saam met hom in die kajuit van die stroper en toe die pa sien die stroper gaan omval , het hy net vir sy seun gesê om vas te hou . Toe alles verby is vra die seun wat toe nog so ewe gedweë aan ’ n yster in die kajuit hang of hy maar kan los ,” vertel Oubaas met ‘ n glimlag . “ Dit is hoekom ek dit maar vermy om in daardie ding te klim en dit liewer vir my seun los .”
Die New Holland-stropers wat hulle gebruik is egter ideaal vir hierdie omgewing en lewer uitstekende diens . So ook die New Holland-trekkers waarvan daar ‘ n hele paar op Klipfontein se werf te sien is . Oubaas was die eerste koringprodusent in die Swartland wat die New Holland Hillside-stropers begin gebruik het . Die reeks is spesifiek vir skuins landerye gemaak . Oubasie vertel dat dele van die plaas maar taamlik skuins is en dat hulle dan maar deurdruk omdat hulle weet die stropers is die regte implement vir die taak .
Oubaas was die eerste koringprodusent in die Swartland wat die New Holland Hillsidestropers begin gebruik het . Die reeks is spesifiek vir skuins landerye gemaak .
Oubaas het in 1974 ná sy weermagopleiding hier begin nadat sy pa en oupa ook voor hom op die plaas geboer het . Koring , kanola en hawer is die vernaamste gesaaides met kuilvoerbale as byproduk .
Oubasie is nog maar al die tyd hier , maar het twee seisoene van oes in Amerika agter die blad voordat hy ook sowat 14 jaar gelede voltyds op die plaas begin werk het . “ En as iets nie werk tussen ons nie , maak ons dit werk ,” vertel Oubasie oor die werksverhouding tussen hom en sy pa .
Vandag doen die New Holland-stropers die oeswerk en die outomatiese 3D-siwwe saam met die Laterale-stelsel is die antwoord op hul uitdagings as dit kom by die stroop van die gesaaides teen die baie skuins heuwels . As daar fout gaan , soos ’ n wiel wat bars , het jy egter groot moeilikheid , beaam Oubasie .
“ Van die handige instrumente in New Holland se reeks stropers is dié wat die voggehalte van die koring meet . Die suiweringstelsels vir die geoeste graan aan boord is ook uitstekend . Ons mag nie eintlik hoër as 13 % voggehalte oes nie en die stroper help ons baie in hierdie proses , want dit word gemeet en jy kan sien as jy oor die limiet is ,” verduidelik hy .
Oubasie vertel dat hulle die hele reeks trekkers het , van die oues tot die heel nuutste in die New Holland-reeks . “ Die trekkers gee min probleme , maar probleme moet ʼ ’ n mens net kan oplos . Ons moet sterker modelle koop weens die terrein wat ons bewerk . ʼ ’ n Mens moet teen die skuinstes kan ploeg en daarvoor het jy krag nodig – iets wat ons New Hollands vir ons met gemak gee ,” vertel hy .
Oubaas vertel ons oor sy liefde vir perde wat eers by Shetland-ponies begin het en later , soos hy meer geld gekry het , na die Vlaamse perde uitgebrei het . Vandag besit hy ‘ n volwaardige stoet wat al by feitlik al die landbouskoue pryse gewen het .
Met die Shetlands het hy omtrent al die pryse by skoue gewen , maar die Vlaamse perde is vir hom beter omdat dit ‘ n eg-Suid-Afrikaanse ras is wat nie ingevoer kan word nie – en hulle moet gitswart wees en is volgens hom eintlik maar ‘ n basterperd , maar mens sou dit nie sê as jy die fier diere op Klipfontein dophou nie .