MARKtoe! Julie 2022 Uitgawe 95 | Page 36

AGRIMARK MECHANISATION
1 .
2 . 3 .
OUBAAS LESCH - KLIPFONTEIN
Net ʼ ’ n klipgooi van Miernes af , op Klipfontein , is nog ‘ n produsent wat in sy New Holland-produkte glo en met koring , hawer , kanola en ‘ n hele rits ander landbouprodukte , nog meer karakter aan die Swartland gee – Oubaas Lesch en sy seun , Oubasie , en hul vrouens Vivienne en Colleen .
“ En as iets nie werk tussen ons nie , maak ons dit werk ,” vertel Oubasie oor die werksverhouding tussen hom en sy pa .
Die familieplaas is reeds sedert 1929 in hul besit . Oubaas se oupa en pa het hier ‘ n bestaan begin maak en vandag is ongeveer 1 000 ha bewerk . Oubaas het ook ‘ n groot voorliefde vir Vlaamse perde en is al ’ n legende in die Swartland en sy swart spogperde is gereeld te siene by al wat ‘ n landbouskou is . Dan is daar ook nog ‘ n Hereford-boerdery , Dohne-merinoskape en wingerd wat hulle deur die jaar besig hou . As ‘ n mens kyk na Klipfontein se grond en die terrein waarop die gesaaides geplant word , wonder mens onwillekeurig wie soveel waagmoed aan die dag sal lê om teen sulke skuinstes met reuseimplemente te werk .
4 .
1 .
Klipfontein steun sterk op hul New Holland-reeks trekkers en implemente . Voor staan die T8.350 , ‘ n swaar dubbelwiel-werkesel wat 380kW lewer en ideaal is om as
planter trekker op die plaas se skuins terrein te gebruik . Heel agter staan die T6050 en regs voor die New Holland T7040 .
2 .
Oubaas Lesch het ‘ n groot voorliefde vir die eg-Suid-Afrikaanse Vlaamse perde en het ‘ n trotse stoet waarmee hy gereeld pryse op landbouskoue wen .
3 .
Oubasie Lesch en sy pa , oom Oubaas , boer saam op Klipfontein .
4 .
Oubaas Lesch is ’ n groot aanhanger van New Holland . Hy het vroeg al met Fiat-trekkers , die reeks se voorganger , begin werk – soos hierdie foto met van sy vroeëre
modelle wys . Baie van hulle word tans steeds op Klipfontein ingespan .
36 MARKtoe ! Julie 2022