MARKtoe! JULIE 2021 | Page 12

1 .
SUID-AFRIKA | NAMIBIË | BOTSWANA | MOSAMBIEK
BEPAAL ' N AREA SE POTENSIAAL VIR DIE ONTWIKKELING VAN ONDERGRONDSE WATER .
KAARTE WORD AS ' N DIGITALE PAKKET VERSKAF .
GEOLOGIE
WATERBRONNE
INFRAROOI SATELLIET
LUGMAGNETIES
Geologiese kaarte verteenwoordig die verspreiding van verskillende soorte rotsformasies en oppervlak-afsettings . Dit dui ook geologiese strukture met vertikale eienskappe soos verskuiwings , lineêre strukture , gange ( Doleriet , diabaas , ens .) aan . Geologiese kaarte is die primêre bron van inligting om verskeie aspekte van grondwaterpotensiaal te bepaal .
' n Waterbronkaart is ' n samestelling van ’ n geologiese kaart se inligting ( die lineêre strukture , gange , kontaksones , ens .) bo-op ’ n lugfoto wat kontoerlyne en dreineringstelsels aandui om te bepaal of die opvangsgebied en aanvulling vir die moontlike ontginning van ondergrondse water standhoudend sal wees .
Infrarooi satelliet-afstandswaarneming is ’ n belangrike hulpmiddel in die bestudering van natuurlike hulpbronne soos lineêre strukture in die landskap wat as moontlike gange en geologiese skeidings vir moontlike ondergrondse water geïdentifiseer kan word . Lugfoto ’ s en satellietbeelde , in visuele en infrarooi spektrale reekse , word in gereelde grondwater-ondersoeke gebruik . soeke .
‘ n Lugmagnetiese opname is ‘ n algemene soort geofisiese opname . Dit word opgeneem met behulp van ‘ n magnetometer aan boord van ‘ n vliegtuig of een wat agteraan gesleep word . Dit werk soortgelyk aan ‘ n magnetiese opname wat met ‘ n hand-magnetometer gedoen word , maar baie groter dele van die aarde se oppervlak word vinnig gedek wat streekverkenning moontlik maak . Die oënskynlike heuwels , rante en valleie op die kaartbeeld staan as magnetiese anomalieë bekend en word gebruik om areas vir ondergrondse water te ondersoek .
KONTAK : 071 292 3128 l KAARTE @ MOOIWATER . CO . ZA l WWW . MOOIWATER . CO . ZA