WINKEL
Om in’ n harde wêreld soos Noordwes in besigheid te oorleef, verg’ n besonderse deursettingsvermoë – een wat byna soos die omringende landskap verbete aanhou om moeilike tye te deurstaan. Elke nuwe uitdaging word soos’ n bul by die horings gepak, in die gesig gestaar en dan word die beste van elke seisoen gemaak.
Deur: Danie Keet | Fotografie: Mia Truter
WINKEL
Agrimark Vryburg – veerkrag verseker voorspoed
Om in’ n harde wêreld soos Noordwes in besigheid te oorleef, verg’ n besonderse deursettingsvermoë – een wat byna soos die omringende landskap verbete aanhou om moeilike tye te deurstaan. Elke nuwe uitdaging word soos’ n bul by die horings gepak, in die gesig gestaar en dan word die beste van elke seisoen gemaak.
Deur: Danie Keet | Fotografie: Mia Truter
1.
2. 3.
1. Anáda Smit is die takbestuurder, en sy handhaaf’ n noue verhouding met produsente in die streek. Sy het ook’ n goeie begrip van die uitdagings wat produsente op voetsoolvlak mee te doene kry. 2.’ n Wye reeks veevoer word aangehou om die streek se bees-, skaap- en wildprodusente deur droë en nat seisoene te ondersteun. 3. Die winkel se netjiese uitleg en breë gangpaaie met alles onder een dak, maak dit maklik om alles vinnig te kry.
56 MARKtoe! Februarie 2026