MARKtoe! FEBRUARIE 2023 Uitgawe 101 Februarie 2023 | Page 23

LANDBOU
1 . 2 .

as kruisbestuiwers dien . Soleta is ‘ n selfbestuiwende kultivar en , soos in die geval van wingerde , word verskillende onderstokke op verskillende grondtipes gebruik om die beste opbrengs te verseker . Amandels is ‘ n meer algemene soort neut in vergelyking met ander soos pistachio en pekanneute wat groter waarde het , maar wat nie noodwendig ‘ n hoë opbrengs lewer nie .

Amandels benodig heelwat water alhoewel dit ook van die grondgehalte afhang . Tussen 7 000 en 9 000 mm3 water per hektaar per seisoen is nodig om suksesvolle oeste te verseker .

1 . Vrymansfontein se dam – hier word gereeld opelugkonserte gehou . 2 . Druiwe is tans aan die ryp word en sal binnekort geoes word .

Amandels verkies droë somers en koue winters – nie soseer nat winters nie – maar die klimaat op Vrymansfontein is gematig genoeg daarvoor . Buiten hierdie streek kom daar ook baie amandels noord van Worcester voor , veral langs die R62- roete tot by Oudtshoorn . Daar is ook heelwat amandels geplant langs die Oranjerivier naby Douglas en in die omgewing van Hermon .

Amandels benodig heelwat water alhoewel dit ook van die grondgehalte afhang . Tussen 7 000 en 9 000 mm3 water per hektaar per seisoen is nodig om suksesvolle oeste te verseker . ʼ ’ n Watertekort kan lei tot laer produksie wat natuurlik die ekonomiese ewewig kan swaai . Gewone plantsiektes soos swamme is skaars op amandelbome maar hulle word deur

MARKtoe ! Februarie 2023 23