WINKEL
Die borduurdiens wat die tak aanbied , is baie suksesvol en is aangepas om groot hoeveelhede borduurwerk op ‘ n slag te hanteer , maar ook om kleiner bestellings vinnig af te handel .
korporatiewe ondernemings wat name , handelsmerke en logo ’ s op klere soos hemde , pette en baadjies laat borduur . Die buitelewe-afdeling vorm ‘ n belangrike deel van die winkel se produkaanbod en die nuwe Waypoint-reeks , Agrimark se eie produk , is reeds ‘ n groot sukses . Daar ’ s kampstoele en -tafels , opvoubare beddens tot bekers en braairoosters van vlekvrye staal – alles teen baie billike pryse .
Die troeteldierafdeling verskaf medisyne , beddens , kos , halsbande , speelgoed en feitlik enigiets wat viervoetige familielede mag nodig kry .
Dan is daar ook nog die witware soos yskaste en televisiestelle , loodgietersprodukte vir binne en buite die huis en ‘ n basiese kruideniersafdeling .
‘ ʼn Ander groeiende bedryf wat goed deur die winkel ondersteun word , is netbedekking . Al die materiaal wat nodig is vir die oprigting van die beskermende nette , word in voorraad gehou . Die nette , ankers , kabels en ander pale word deur die winkel verskaf en word dan deur installeerders en ingenieurs gebruik om die regte struktuur vir die produsente te ontwerp en op te sit .
Die werkwinkel doen herstelwerk aan New Hollandimplemente sowel as ander handelsmerke .
Neffens Agrimark Paarl is twee van die landboubedryf se belangrikste vennote , alhoewel hulle nie direk onder die winkel se bestuur val nie : Agrimark Packaging en Agrimark Mechanisation . Eersgenoemde verskaf die broodnodige verpakkingsmateriaal aan vrugte- en ander produsente , terwyl die meganisasie-afdeling tegniese en werktuigkundige dienste lewer . Laasgenoemde is ‘ n New Holland-agentskap en verkoop dié gesiene handelsmerk se landboutoerusting .
52 MARKtoe ! Februarie 2023