MARKtoe! FEBRUARIE 2023 Uitgawe 101 Februarie 2023 | Page 50

WINKEL

produkte aan sodat hulle in elke klant se spesifieke behoeftes kan voorsien .

Sekuriteitstelsels is ook baie gewild en hulle bied alles aan , van veiligheidsligte tot geëlektrifiseerde omheinings-materiaal wat deur installeerders gebruik kan word .

Danksy ontwikkelings wat in die Paarl en omgewing toeneem , groei die boumateriaalafdeling ook omdat die winkel boubenodighede verskaf . Die stoor huisves ‘ n volledige reeks boumateriaal – van bousand en stene , tot dakkappe , venster- en deurrame , planke en balke van allerhande groottes . Dis voorwaar ‘ n eenstopwinkel vir bouers en selfdoen-entoesiaste .

As deel van die uitbreiding , is talle produkreekse verbreed en nuwes ingebring . Die gevolg was dat al hoe meer klante die winkel begin besoek het en dit nou as hul voorkeurwinkel benut .

Danksy ontwikkelings wat in die Paarl en omgewing toeneem , groei die boumateriaalafdeling ook omdat die winkel boubenodighede verskaf .

50 MARKtoe ! Februarie 2023

“ Wat veral bemoedigend is , is dat ander besighede op die dorp mense na ons toe stuur as hulle nie die items kan verskaf nie . Om ons wenresep te rugsteun , glo ons in deeglik opgeleide personeel wat vinnige , flinke en vriendelike diens lewer . Ek laat personeel in al die afdelings diens doen om hul vaardighede te vergroot , kennis uit te brei en te versterk , en om te verseker dat elkeen tot sy optimale potensiaal kan ontwikkel ,” vertel Jan .

Die bestuurspan bestaan uit ‘ n aantal afdelingshoofde : Francois Heydenreich , Etienne Nieuwoudt , Farren Martin , Elandrie Coetzer , Sonette le Grange , Sanet Dreyer en Alexis Lyons , die assistent-bestuurder . Twee landboubemarkers , Daan Rossouw en Emile Nieuwoudt , en een boumateriaalbemarker , Ridus Erasmus , voltooi die verkoopspan . Wilna Pretorius is die generaal in die winkel en as vloerbestuurder sorg sy dat alles daagliks glad verloop . Sy fokus hoofsaaklik op klantediens , sorg dat die afdelings genoeg voorraad het en dat winkelrakke netjies gepak en gemerk is .

Agrimark Paarl is baie sterk landbougedrewe en bedien ‘ n wye verskeidenheid produsente in die