MARKtoe! FEBRUARIE 2023 Uitgawe 101 Februarie 2023 | Page 5

LANDBOU
3 .

As ‘ n mens van die Paarl praat , is een van die eerste beelde wat deur jou gedagtes flits dié van Paarlberg , die Bergrivier , wyn en druiwe .

Landbou-aktiwiteite vorm die kern van hierdie streek se ekonomie en die beskikbare landbougrond word deeglik daarvoor benut . Die verskeidenheid produsente in die streek dui ook daarop dat innovasie steeds in die Suid-Afrikaanse landboubedryf gedy : van tafelen wyndruiwe tot hoender- en eierboere , indrukwekkende funksievenues , ontspanningsgeriewe en aanlegte wat landwyd ‘ n invloed op die ekonomie het . Die aanplant van neute het die afgelope ruk aansienlik uitgebrei en skep nuwe werksgeleenthede in die streek . Hierdie bedryf het die potensiaal om aansienlik te groei en tot die ekonomiese vooruitgang van die streek by te dra . Hier is ook historiese plase wat al geslagte lank in dieselfde familie is en dit is veral bemoedigend om te ervaar hoe die jonger geslag nie alleen op die kennis en ervaring van hul voorgangers voortbou nie , maar ook nuwe idees en praktyke inbring om volgehoue produksie en groeiende opbrengste te verseker .

MARKtoe ! Februarie 2023 5