MARKtoe! FEBRUARIE 2023 Uitgawe 101 Februarie 2023 | Page 47

WINKEL
4 .
3 .
5 .
3 . Jan van Niekerk is Agrimark Paarl se behendige takbestuurder . 4 . Die Garden Zone is een van die winkel se groeipunte ( en dis nie net ‘ n woordspeling nie ). 5 . Buiten gereedskap , hou die tuinafdeling ‘ n groot verskeidenheid plante aan .

Jan van Niekerk , takbestuurder en ná 22 jaar reeds ‘ n deurwinterde lid van Agrimark , en sy span van om en by 45 lede , is oorgehaal vir ‘ n jaar met nuwe hekkies . Vir hulle is hekkies gemaak om oor te spring en daarvoor staan hulle nie terug nie .

In 2016 is Agrimark Paarl vergroot en die bestaande 11 000 produklyne is tot ‘ n enorme 22 000 uitgebrei .

“ Een van ons vernaamste take is om te verseker dat hier ‘ n suksesvolle besigheid bedryf word deur toe te sien dat voorraadvlakke optimaal gehou word en klante ‘ n verskeidenheid produkte en dienste op een perseel kan kry . Ons sentrale verspreidingstelsel is so goed ontwikkel dat rooi vlaggies opgaan sodra items in die winkel min raak sodat ons betyds maatreëls kan tref om seker te maak dat

MARKtoe ! Februarie 2023 47