MARKtoe! Februarie 2015 Uitgawe 13 | Page 21

DORP energie en is dit moeilik om te dink dat sy vir ʼn oomblik kan stilsit. Sy wys vir my die palm van haar hand, “my dagboek” sê sy laggend, terwyl sy nog iets daar skribbel wat sy moet onthou. Ons gesels ʼn hond uit ʼn bos, en uiteindelik kry ek haar om by die begin te begin. Karin en haar man Jean de Villiers boer al 30 jaar op die Klein Roosboom-plaas. Jean het op ʼn wynplaas in Doordekraal grootgeword, so wingerdbou is in sy bloed. Hy is ook ʼn gekwalifiseerde wynmaker, maar dit is die wingerdstok en die grond waar sy ware passie lê. Ek vra vir Karin wie kom eerste, sy of die wingerd. Na ʼn rukkie gee sy toe, “ek is waarskynlik tweede,” maar sy glimlag as sy dit sê. Aanvanklik het die De Villiers’ ʼn melkery op die plaas gehad wat Karin bestuur het. Sy noem dit die “tronk met oop deure”. Die melkery is egter later verkoop toe dit nie langer winsgewend was nie. Die plaas beslaan 260 hektaar waarvan 150 hektaar onder wingerd is. Die meeste druiwe word aan die Durbanville Hillskelder gelewer, terwyl sowat 30 tot 40 ton druiwe vir hul eie etiket gebruik word. “Jean gee my eerste keuse,” sê Karin. “Ek ry deur die wingerde en proe die druiwe en merk dan elke ry waar ek die beste trosse teëkom.” “Jean gee my eerste keuse,” sê Karin. “Ek ry deur die wingerde en proe die druiwe en merk dan elke ry waar ek die beste trosse teëkom.” “Ek is ʼn ‘phone-a-friend’-wynmaker,” skerts s 丁I