LANDBOU
LANDBOU
1 .
Gervann Kemp | Pekanneute
Wanneer mens met Gervann Kemp van Augrabies gesels , is daar ’ n paar dinge wat dadelik uitstaan – ’ n deurwinterde Kalahari-boer , ’ n vasberade mens wat al deur die lewe se draaie gegaan het , maar sterker anderkant uitgekom het en ’ n lewe na aan die natuur lei .
Hy en sy pa , Piet , boer op sowat 28,5 ha in Augrabies . Alhoewel daar voorheen ’ n verskeidenheid gewasse soos tafeldruiwe en lusern op die plaas geplant is , is dit tans uitsluitlik onder pekanneute beplant .
Gervann is in Upington gebore en het grootgeword in die boerdery-gemeenskappe van Upington en Kanoneiland , waar sy pa in 1997 begin boer het . In 2007 het hulle die boerdery tydelik eenkant toe geskuif om ander besigheids-
1 . Gervann Kemp in die pekanneutboord net buite Augrabies .
MARKtoe ! Desember 2024 / Januarie 2025 49