MARKtoe! Desember 2024 Januarie 2025 - Uitgawe 122 | Page 88

LANDBOU vrugte afgehaal is . Omdat die dadelboom sy voedingstowwe in die blare stoor , word hulle afgesny as hulle 50 % of meer verbruin het .

LANDBOU vrugte afgehaal is . Omdat die dadelboom sy voedingstowwe in die blare stoor , word hulle afgesny as hulle 50 % of meer verbruin het .

Hy verduidelik ook dat die omstandighede vir dadelbome reg moet wees . “ Hy moet omtrent met sy voete in die water staan en met sy kop in die hel – temperatuur en vogtigheid speel ’ n uiters belangrike rol om kwaliteitdadels te laat vorm . Daar is net ’ n paar plekke in die wêreld wat ideaal is hiervoor . In die hoogsomer soek die bome hitte en 40 ° C is nie ongewoon nie , maar tussen 36 ° C en 38 ° C is gemiddelde somertemperature . Humiditeit kan altyd deur besproeiing aangevul word vir die bome , wat tussen 300 mm en 600 mm per jaar groei en uiteindelik vanaf 15 m stadiger groei tot op ongeveer 24 m .

“ Die dorings word van die blare afgesny om te kan oes en werk , en elke tros word met die hand gewerk tot die regte aantal stringe , gewoonlik tussen 55 en 60 per boom , en die regte hoeveelheid vrugte aan elke string – 8 tot 12 vrugte aan elke string . Die klein vruggies sal afval , en ons sal vrugte van tussen 24 g en 28 g pluk .

Met die oes word die dadels met die hand gepluk en na die pakstoor geneem , waar dit eers skoongemaak en vooraf gesorteer word . In die voor-pakproses is daar ’ n klein sorteermasjien waarin die vrugte met voorafbehandelde water skoongespuit word . Dan volg verdere sortering , ook met ’ n optiese sorteerder , voordat dit in

MARKtoe ! Desember 2024 / Januarie 2025 5